Ph. 07 808 0889 (Waikato) or 09 889 0238 (Auckland) | office@lim-mcdowall.nz | 中文简介 | Afrikaans | 한국어 | ភាសាខ្មែរ | Español | Français

Ons is ‘n regsfirma wat spesialiseer in immigrasie en is gebaseer in Hamilton, Nieu-Seeland. Ons bied ‘n vol reeks van immigrasie en visa applikasie dienste aan vir diegene wie se wens dit is om in Nieu-Seeland te woon, werk, studeer en te belê.

Ons ontmoet hoofsaaklik kliente in Hamilton, alhoewel ons ook klinieke reël in Auckland soos dit benodig word. Ons kan ook formele konsultasie ontmoetings aanlyn doen via ‘n video oproep waarookal u gelee is in die wêreld.

Ons stel u belange eerste en bied regsadvies aan wat spesifiek vir u omstandighede is. Ons verstaan die probleme en spanning om na ‘n nuwe land te immigreer, en een van ons doelwitte is om die proses so glad as moontlik te laat verloop. Aangesien ons prokureurs is, kan ons ‘n reeks regsdienste aanbied vir u en u familie.

Ons help met:

  • Besoeker Visums (Standaard & Vennootskap)
  • Studente Visums (Afhanklike kinders & Internasionale Studente)
  • Werks Visums (Geskoolde Migrerende, Vaardigheid Tekorte, Werkgewer bystand & Naskool-Studies)
  • Verblyf Visums (Geskoolde Migrerende, Ouer Kategorie, Werk & Belegger)
  • Permanente Verblyf

U geval:

Ons streef daarna om konstante en uitstekende diens aan ons kliente te gee, en ons neem u immigrasie doelwitte ernstig. Ons verstaan dat geen gevalle dieselfde is nie, en ons sal saam met u werk om die groter prent van u omstandighede te sien, en u saak op die beste moontlike manier aan Immigrasie Nieu-Seeland voor te lê.

Ontmoetings informasie:

Ontmoetings word slegs gedoen op afspraak. Dit is nie nodig vir u om na Hamilton te reis om ons persoonlik te ontmoet nie. Ons kan u ontmoet en u geval via Skype bespreek en/of WeChat waarookal u is in die wêreld.

Die redes waarom u ‘n prokureur moet gebruik om u visum applikasie te behartig:

  1. Die kostes is ongeveer dieselfde as ‘n gemiddelde gelisensieerde immigrasie adviseur.
  2. U wil die beste kans op ‘n suksesvolle applikasie hê, en prokureurs het ‘n omvattende begrip in ‘n groter konteks van die wette.
  3. Prokureurs bied ‘n komplete diens aan ons kliënte; as u en u familie na Nieu-Seeland verhuis, kan hulle ook help met ‘n woning/perseel, opstel van wetlike dokumente, dokument sertifisering, en verskaffing van algemene wetlike advies.
  4. Lim McDowall spesialiseer in die verteenwoordiging van hul kliënte in hul immigrasie sake. Dit beteken dat ons dit ‘n prioriteit maak om op dreef te bly met die veranderinge in die komplekse veld van die wet, wat so ‘n groot impak het op iemand se lewe. Ons bied ‘n professionele diens en gemoedsrus aan deur om te sien na die hele visum applikasie.
  5. Prokureurs word reguleer deur die Nieu-Seelandse Prokureursorde (New Zealand Law Society). Om seker te maak of ‘n prokureur ‘n huidige praktiserende sertifikaat het, gaan na die blad en voltooi die prokureur se inligting.
  6. U mag nie immigrasie hulp of advies verkry van ‘n persoon wat nie ’n praktiserende prokureur, gelisensieerde immigrasie adviseur, of iemand sonder ‘n vrygestelde lisensie nie. Indien u dit doen, sal u applikasie heel moontlik afgewys word deur Immigrasie Nieu-Seeland (Immigration New Zealand).
BACK